Site icon Yolande van der Westhuizen Audiologists T/A Spectrum Hearing

Gehoor in die klaskamer

Is ‘n klaskamer ‘n ideale plek om te leer? Dink daaraan… miskien vir ‘n kind wat 100% normale gehoorvermoens het ja, maar wat van ‘n kind wat selfs n geringe probleem het met sy ore, soos ‘n verkoue, sinus probleme, n oorinfeksie, grommets, n geskiedenis van oorinfeksies, baie was in die ore en ouditiewe prosesseringsprobleme? Dalk nie…

Teels op die vloer en geen gordyne veroorsaak swak akoestiek. Stoele wat rondskuif, penneblikkies wat oop en toegemaak word, maatjies wat fluister en gesels, boeke, penne en liniale wat val, juffrou wat soms met haar rug na die kinders staan omdat sy op die bord skryf.

Dit alles kan veroorsaak dat die spraak-sein nie duidelik by jou kind se ore kan uitkom nie.

Vir hierdie kinders kan hierdie luisteromstandighede in die klaskamer baie moeilik wees. Dit kan veroorsaak dat jou kind:

Vir hierdie redes en nog vele meer is dit krities dat jou kind se gehoor op n gereelde basis nagegaan moet word.

Kontak ons vandag vir ‘n gehoortoets:

012 653 3830 / 011 425 0171

enquiries@yvdwaudiology.co.za

Exit mobile version